Loading ...

Maria van Riebeeck

In 1971 was ek n jong sersant op 2 SAI BN GP. 47 jaar gelede toe ons 1ste duikboot, Maria van Riebeeck, die hawe binne geseil het. Dit is na aanleiding van die artikell in vandag se Beeld. Vrydag 11 Mei 2018.

AO1 Gagiano was op daardie stadium die die RSM. Ek was daai tyd as Kapelmeester van die eenheid se orkes aangestel. Ons het die opdrag gekry om op die hawe die duikboot in te begelei met "My Sarie Marais"  Ek kry nou hoendervleis as ek daaraan terug dink. Dit was mistig en dood, dood stil. Almal het die see dopgehou en gewag dat die boot deur die mis gordyn breek. En skielik was sy daar. Swart, amper onheilspelend. Toe begin my orkes speel en ek dirigeer. Van die omstanders het spontaan saam begin sing.

Terwyl almal op die kaai staan en wag, is n spoorweg polisieman,(stasie blompot), met apologie, besig om vir die vale verkeerskaarties te skryf aan ouens wat op laai zones ens ens, parkeer het. Hy het nie belang gestel in enige verskoning of verduideliking nie. "Rules is Rules" en basta. Ek was een van hulle.  Maar toevallig, toe die duikboot uit mis verskyn, en n senior offisier verduidelik aan hom wat nou eintlik hier besig is om te gebeur, gebruik hy  n paar kragwoorde,  kanselleer alle kaarttjies en skryf dwars op boek afskrif "dit is oorlog"

Sal daardie dag altyd onthou.

Doepie du Plessis

11 Mei 2018