Loading ...

Dagse manne, baie dae dink ek terug aan my dae by die inf skool en dan kom daar sekere gebeure op wat ek nog kan onthou, party is skreeusnaaks, andere weer dalk n bietjie meer ernstig, miskien moet ek so een of twee van die staaltjies vertel!  Ek was darem by die skool vanaf 76 tot middel 88! In my tyd was ek in delta kompanie en n instrukteur by tenkafweer saam met staf sersant peter smythe, op sigself n kort van draad rooi in die gesig engelsman, dit was altyd delta kompanie se werk om vir al wat n besoekgroep was altyd wapen demonstrasies aan te bied op pag, daar oor die wye kansasvlakte!  Dit was altyd n groot storie en alles moes net reg wees, as jy n teiken mis skiet het jy daarvan gehoor en die swarthand het nie doekies omgedraai om jou nou mooi te vertel wat hy van jou vermoeens dink nie, seep en parafien kon jou nie skoonkry nie!!!  So pak ons weer eendag so n demo aan, stan hohowsky en sy mortiere, wyle otto hager en sy vickersbende en dan tenkafweer in sy volle glorie, nog die ou 88 vpr,rpg 7, 89mm lrac, entac, 106, milan, die hele toetie!!  So kry al ons tenkafweermanne n indeling, smythe sal die 106 en milan demonstreer, lategan die tos 88 vpr en die entac, let wel daai jarre was die entacs so oud, jy was gelukkig om hom net uit die lanseerkas te kry, dan het jy hom probeer vlieg met die joystick tot daar waar hy neergewetter het en daai area het dan onmiddelik die teiken geword!!!  Die diensplig kpls het die geweergranate en anner ligte magodies gedemo, ek kan onthou dat hierdie demo vir n klomp gifkoppe daar uit die parlement was!!

So kry n sekere korporaaltjie toe opdrag om staf smythe se 106 voor te berei, hy was so n regte huppelkind gatkruipertjie wat nie aldag aanklank by die anner kpls gevind het nie, maar nou ja, hy kry n kanon uit en doen die aksisharmonisering, moerse verafrikaanse engelse woord op die visiere en lope en check die afvuurkabelspanningverstellng en pas die nodige true love n care op die staff se gun toe, olietjies hier, grafietpoeiertjies daar en kry die gun spic n span vir sy staf se demoskiet!!  So rapporteer hy terug dat alles reg is en trippel ewe trots om sy staf sersant, jeep is gewas en olie en water gecheck, cammonet opgerol op die bonnet, toolsholdall onder die drywer se sitplek en 6 heat skote agter op die bak vasgestrap!! 12,7 inskiet in die magasyn gereed vir aksie, so sit die manne af pag toe, korporaaltjie is sommer die staf se persoonlike drywer, dit straal uit hom uit!!!! Daar aangekom stop hy sommer so op die demo se regterflank in n romp onderstelling waaruit ons altyd geskiet het,,,so wag ons nou vir die manne om te kom,,,,mortiere en vickersmanne links van pag met otto hager lekker onder n groot klapperbos vanwaar hy altyd dopgehou het, stan agter sy pype, ek dink kleinjan petoors, of lampbrechts agter die mikrofoon, almal se hande jeuk, entacs vanaf die grond ontplooi, daai vet geel plofkoppe almal in die rigting van dukes post, linkergrens roses windmill, hurry up en wait en so kom die klomphooggeplaasde makkers in n army kudubus daar aangewals, so sien ek n paar bekendes oom pw, oom magnus en nog so n anner paar mit hul hoede en safaripakke soortvan uitgevat virrie veld en oudshoorn se son, al die nodige groetings en vertellings van hoe bly ons is om hulle te akkomodeer, en die man agter die mike vlieg weg met die 9mm star pistool, kpl hou en wys uit en draai om en skiet 8 skote op n teiken hier 15meter voor hom,,,dan die r1, r4,,lmg, fakkels, granate, myne, en al die nodige ligte inf gereedskap en speelgoete, o ja moenie die snotneus vergeet nie, die alles klaar beweeg ons oor na die ondersteuningswapens dis otto hulle wat die vickerse laat praat, stof daar 2000 meter voor ons teen die volgende rant, stoom en olierook hang oor die manne en daai kondenserpype begin daai bekende gekerm in die kanne later kook hulle oor!!! Stanislav hohowsky staan nie terug nie en gee n mortierdemo wat vir niks skrik nie,,,,ek dink hy het omtrent die hele magasyn se bomme daar gestapel en almal weggeskiet!! Almal natuurlik op teiken, want hoe sal die besoekers dan nou weet waar die ware teiken is??!! Ja en toe kom tenkafweer aan die beurt, eers die 88 vpr, altyd eers n prac vuurpyl en dan twee heats na mekaar op die teiken, moet se teen hierdie tyd was ek nie meer bang vir die ding nie en het vir myself n metode ontwikkel om nie met bebloede oogbanke uit die stryd te tree nie, toe kom die entac aan die beurt! Die oggend toe ek die missiele uit die kaste haal het ek opgemerk dat die datum van vervaardiging april 1954 was, so hulle was so tussen 25 en 30 jaar oud, onthou, gemaak in frankryk en met n skip oor die see gekom, met n trein na de aar se ammo depot en daarna met theuns rademeyer rip se bedford deur meiringspoort na oudtshoorn, toe ek agter daai tr 10 lanseer en gelei eenheid inklim en die verkyker voor my instel loop die sweet van my handpalms af, kleinjan petoors doen die praat werk en bou basies so n moerse verwagting by die toeskouers op dat ek nie anders kan as om raak te skiet nie!!!!  Wetende en hopende dat die kanse goed is dat die bliksemse missiel nie eers uit die lanseerkas sal klim nie, wat nog te se al die pad teiken toe sal vlieg, ek toets die missiel op lyn en sien op die koppelkas se flikker dat hy gereed is, twee missiele links en twee missiele regs van my, lekker op my senuwees hou ek die eerste missiel links van my dop, ek neem die joystick en trek die voor 6 grade lanseerhoek terug en druk die afvuurknop, terwyl ek na die missiel links van my kyk vlieg die regterkantse missiel met n moerse vaart uit die lanseerkas,,,ek skrik so groot dat ek die missiel amper verloor, maar groot is my verbasing dat die wetterse ding wel vlieg,en nogals in die rigting van die teiken, met senuwees van staal en konsentrasie is ek op fase 2 ingestel om die missiel in lyn met my en die teiken te kry,,,dan een teikenhoogte bo die teiken stabiliseer en die laaste fase op die teiken te stabiliseer, voltreffer op 1960meter, almal klap hande, wat n moerse gevoel, dis raak, gelukkig se kleinjan dat as gevolg van die missiele se prys kan ons net die een skiet, te bang dat die volgende een dalk deur die besoekers sou trek!!!!  Volgende is piet smit ja dit was peter smythe se naam in die afrikaanse maand se beurt met die 106, huppelkind doen die laaiwerk en die bevele kom oor die vlakte aan, maak gereed om te laai, gereed, laai, gelaai, teikenaanduiding op vuur,selfverstelling op vuur, teiken 106!!! Fokkol, weiering, weiering wag een minuut, een minuut op, ontlaai, leeg, herlaai, gelaai en so gaan hulle aan, na drie weierings dink kleinjan vinnig op sy voete en kap daar n storie van die duur ammo en dat slegs 12,7 geskiet word en die ammo gespaar word vir die rooi beer se bedreiging!!!  Staf smythe stap oor na die milan en gee n foutlose demo soos altyd, 2000meter voltreffer op n drom vol ou olie en diesel!!! Demo verby tyd vir koekies en tee en smythe roep die tenkafweer manne nader, wat de moer is fout met die kanon, huppelkind draai soos n broeis hen om n kuiken, iemand staan so ingedagte en begin die 106 se slagpen hulsdop afdraai, toe kom dit, "staf hier is geen slagpen in die slagpen huls nie" !!!!!! Toe ons weer kyk is huppelkind al daar in die verte oor die magasyn se bult met 2 x 106 heats op sy skouertjies, daai dag sal ek nooit vergeet nie, never expect what you have not expected staff, daai man het vir n week nie met huppelkind gepraat nie!!! So was dit maar by die skool, never a dull moment!! Watch this space!! Q! Mooiloop!!

Survey All Pages