Loading ...

NG vs AGS

So is ons in die Army daai jare of soos deesdae se mense dit ken as Nasionale Diensplig of Weermag. 1500 x troepe ingeklaar in 5-SAI (5 x Suid Afrikaanse Infanterie Battaljon Ladysmith Natal). Alfa, Bravo en Charlie Kompanjie. Drie seksies ingepak in daardie Basis teen die kop. Infanterie..dis wat ons was...voetsoldate...jy stap nie, jy sluip nie..jy draf nie...jy hardloop.... van die daglig breek tot die son sak hardloop jy . So kom ons eerste kerkparade mos toe op en dis n groot storie. Ons is midde in basies waar hulle jou basies in 3 x maande probeer af breek tot in die grond in en weer basies probeer op bou tot waar hulle dink jy basies op ‘n standaard is wat vir hulle aanvaarbaar is.

Daardie eerste Sondagoggend staan ons voordag inspeksie dat korporaal Nagel (so kortgat mannetjie met die lyf van Brain Mitchel , n ego so groot soos die Walvissaal op Hartenbos en ‘n stem van Pavarotti ) kan kyk of sy troepe reg is vir ons eerste kerk uitstappie. Maar pappa ons blink van kroontjie tot toontjie. Ons is geslaan met die lap. Met ons nuwe “step-outs” vir die eerste keer aan is daar n opgewondenheid in die bungalo. Man ons het mooi gelyk. Ons heel eerste ontmoeting met die buitewêreld, met normale mense “Sivvies“ soos ons dit nog kan onthou hoe dit veronderstel is om te wees daar buite die 8 x voet kampdrade voor ons ingeklaar het. Dalk gaan ons ‘n paar girls sien, koggel party manne of dalk gou in die dorp huis toe kan bêl by n telefoonhokkie of by ‘n kafee kan in hardloop vir n pienk melkie.

Op jou oproep inskruksievorms moes jy vooraf in vul aan watter kerk jy behoort en soos dit nou maar in daardie jare was, is die meeste maar in die NG kerk.

So vloek ou Nagel ons daai Sondagmore al drillende paradegrond toe waar Alfa Kompanjie aantree vir kerk. Al 424 x van ons . Langs die paradegrond staan die Samel 50 trokke ingetrek om die manne te laai. Dis 08h00 op ‘n Sondagoggend en jy voel die “vibe” tussen die manne om net iets anders n slag te sien as Nagel en die Samajoor se gesig . “NG kerk...uuuuiiiii treeeeeeeeee !!!...1..tra-3...1...twa...3.....1...twa ..3...123 en daar regs om 362 x van ons NG kerk manne uit die “squad” uit al draffende oppad na die voorste Samel 50 toe. Na ons was dit die AGS manne. AGS...Uiiiii....ttreeeeee !! Daar regsom die 30 van hulle en na die AGS die 12 x Sewende Dagse Adventiste, en na hulle die “Roman Catholics” en die res wat nog nie ‘n geloof het nie word in die laaste trok in gevloek om die eetsaal te gaan skrop.

Ons kan nie gou genoeg klim nie en die Samel 50 se klappe word toegeslaan met meer krag as wat nodig is en daar gaat ons al 5 x trokke oppad NG kerk toe. Tot ons skokkende ontsteltenis ry die trokke nie in die rigting van die hoofhek nie maar af na die onderkant van die basis. Seker so 5km Wes. “Die kerk is binne in die basis manne” skree Pokkel, wat heel agter uit loer. Nee man kom nou. “Jaaaaa, daar sit n kerk heel onder in die hoek.” Die manne is gatvol verby en die hoop wat die hele week in ons opgebou het word in 2min geblus met Nagel wat met n groot “smile” die klappe laat sak. “Ja julle het gedink ons gaan Town toe nê”.....vloek hy ons daar af van die trokke binne in rye in voor op die grasperk van die kerk. Die manne is stil en die gees van blydskap bly agter op die trokke.

Hier kom die RSM verby met sy lelike dogter in haar “commin pers mienie”, Samajoor Venter groet vriendelik met sy mooi vrou wat hopeloos te veel na die troepe kyk, Brigadier Meiring met sy tweeling seuntjies wat mekaar se hakke skop en dan stoorman Cronje met sy halwe oor wat in Angola glo afgeskiet is met sy 3de vrou. 10h00 stap ons sleepvoet die bagalo binne met ons eerste kerkparade agter die rug en dink aan die wasgoed wat voorlê vir die Sondagmiddag. 12h30 toe kom daai AGS-manne fluit-fluit die bungalo binne en jy sien net tandjies. Daai manne blom !! Waar was julle wil ons dadelik weet, en hulle begin vertel.

Hulle is met 1 x Samil deur die middestad na die AGS-kerk aan die anderkant van die Ladysmith. Hulle het siwwies gesien in die strate, mooi girls op fietse wat waai, normale mense wat kafee toe draf en koerant koop. Daar’s ‘n Wimpy ook. By die kerk is hulle ontvang deur diakens voor by die hekkie wat hulle ingenooi het en die beste van alles ......na kerk is hulle genooi vir “cup-cakes en Oros met ys in die Oppersaal“. Ooooo hel dit was vir ons NG kerk manne swaar om te hoor. Cup-cakes en Oros...wanneer laas het ons Cup-cakes gehad? Net daar besluit ons soos een man.....ons gaan swaai van geloof. Ons pa’s is vêr..hulle gaan nie weet nie. Jy sê Cup-cakes en Oros!!??

Die volgende Sondag toe daai Nagel met sy baasspelerige houdingtjie sê uittree...toe regs om net 28 x van die manne wat nie kans gesien het om hulle geloof vir een Sondag prys te gee nie, maar ek dog Nagel skeur ‘n dyspier...” Wat gaaaan hi aaan?...waar’s die NG manne???....Heeyyy praat met my!! Nee sê Dolfie (sy pa was die Magistraat op Boknes), wat merker gevat het.. “Korporaal”.....ons maa’s is eintlik AGS en ons pa’s NG so ons het gevoel ons moet bietjie afwissel en albei dien. Nagel rek nog ‘n dyspier en vloek ons en ons families vir 12min non-stop, maar ons staan vas. Die Army mag aan baie vat, maar aan jou geloof mag hulle mos darem nie raak nie. Die trokke word “ge-reshuttle” en da gaat ons oppad hoofhek toe, met Nagel se kieste 6-bar gepomp.
Ooooo die trip was mooier en lekkerder as deur Meiringspoort. Net soos Katkop gesê het, word ons met ope arms by die kerk ontvang. Die Pastoor is in ekstase. Binne 7 x dae verdubbel sy gemeente en dit met 4 x weermagtrokke. Ongelooflik! Daar’s die Oppersaal praat die manne saggies toe ons in die voorste banke inskuif. Ek kan nie meer onthou waaruit ons gelees het nie, maar die Pastoor het nog nie die N- van Amen uitgespreek nie, toe sleep ons vir die Oppersaal. Die tafels gedêk met die mooiste gebak wat jy van kan droom, maar natuurlik hopeloos te min vir die gemeentelede wat opgedaag het. Heel agter 2 x tafels vol cup-cakes en Oros met ys. Maar pappa ons val daar in....die arme ander gemeentelede. Hulle was “outnumbered”. Maar mens was dit lekker......

Die Maandagoggend soek die RSM al die NG-kerk manne van Sondag op die paradegrond. Maar so in die aankom toe sien ek hi kom poefies. Elke man se paal en sandsakkie lê klaar reg. Ou broeeer. Hy laat hardloop vir ons daai Maandagoggend uit ons AGS geloof uit, terug in die NG kerk in....Cup-cakes en al...!!

Marius van der Schyff – Facebook