Loading ...

Lammetjies

Graag wil ek hierdie stukkie met my broers deel. In Jan 74 is so dertig van ons oppad Heidelberg Gym toe vir ons opleiding. Ons het trein gery. Op die trein word net Army gepraat. Almal dapper en vol moed en bravade. "Ja" sè die een outjie.."Ek gaan my nie laar rond$%& nie..niemand $%& my rond nie!" Oh ja..almal stem saam. Ons gaan nie #@@ vat van korporaals en goete nie. Ek laat die ouens mooi laat verstaan dat ek boks van std 2 af. "As iemand aan my vat, #@@ hy!" Se ek. Ja nee..almal stem saam. So werk ons onself op dat toe die trein by die stasie stop, toe wil ons net baklei!

Toe ons uitklim, wag daar n samajoor met n swart weglè snor en twee PF instrukteurs vir ons. Jy kan sommer sien hierdie manne kom van n ander planeet af. Ewe vriendelik met n glimlag vra hy, "Is julle manne hier vir Weermag opleiding?"  Ek vat sommer oor. "Ja oom" $%&, ek moes dit nie gese het nie!  Daai Samjoor begin skree dat dit sny deur vleis en been. Hy skree dat sy gesig opblaas en bloed rooi word en sy snor op en af spring. Die Korporaals gil ook tussenin.  "Sien julle daai Bedfords, kry julle slapgatte op hulle.  Move MOVE MOVE BLIKSEMS!  Ek hardloop en los sommer my tasse op die peron.  Almal hol verskrik rond en hol sommer enige rigting en in mekaar vas!  Op die Bedford oppad kamp en in in die middel van die "roofie ride" begin een outjie huil.  Al wat hy kon uitkry was.."Boys..ons is in groot #@@" En ons was. So mak soos lammetjies

Ebenj van Heerden‎ - Facebook