Loading ...

Het vandag weer vir die eerste keer in 'n baie lang tyd met Palm (My destydse onderkorporaal.) gesels. Ons herleef toe die volgende gebeurtenis.  Ons was almal moeg en vuil en sou wat wou gee om net vir 'n slag die black is beautifull van ons gesigte af te kry. Water was egter erg gerantsoneer.  Daar eenkant het so 'n paar firebuckets vol water gestaan en sam Palmer het ons die dood voor die oë gesweer as ons naby daai water kom. Lekker "trap", dink ek nou. Palm besluit toe dat Palmer in sy moer kan vlieg en met die eerste kans wat hy kry gaan was hy hom lekker met een van die firebuckets. Hoe hy gevang is weet ek nie, maar toe ons onsself kry is ons almal aangetree. Palm langs Palmer staan voor. Hierdie maaitjie van julle het besluit on sy gat aan my af te vee! Kry vir julle Samel tires en f@#! op daai kop. Roer julle!!  Ek kan nou nie meer onthou hoeveel manne op 'n tire nie, maar dit werk nie. Om die ding twee-twee te dra is soos om 'n doodskis sonder handvatsels te karwei. Of die ding gly uit jou hande uit of een van julle struikel.  Rol werk gladnie! Riemvasmaak kop is so vol rotse dat jy net nie regkom nie. Tot ons die triek agterkom. Een man druk s kop deur die gat en dra die ding op sy skouers. Dit gaan so maklik jy verveet amper om te ruil.  Elk geval. Toe ons bo kom was dit net mooi skemer. Julle kan maar julle tires af rol sê die pel sers toe.  Jislaaik! Dit was nou lekker. Daai tire tel ongelooflik spoed op. So hier en daar hop hy maklik 10 tot 15 m hoog. Onder was daar so 'n gras vlaktetjie. Die bande het gerol totdat hulle in daai gras erdwyn het. Nou ja! Sê die pel sers toe. Julle kom nie basis toe sonder julle tires nie.  Daardie aand het ek en Palm, en verseker 'n paar ander, lepeltjie geslaap van die koue. Nou, voordat julle te lêkker kommentaar. Daar het dit so koud geword dat ek, wanneer ons in die aande geloop het, eers my pikstelmes moes uithaal en 'n gat in die yslaag wat onder die prop van my waterbottel gevorm het, moes kap voordat ek kon drink. (Ek grap nou nie.)

Deon Viljoen – Facebook