Loading ...

Veteraan se dagboek

Ek is troepie, weg van my huis
Om my staal hier te bewys.
Nog n jong seun skaars agtien
Om te leer om my land te dien
hoe moet ek nog sien.

Die RSM was my pa en die weermag my ma
Alles wat jy wou weet, moes jy by hulle vra.
Hoe skeer n mens, en hoe stryk jy n broek
Hoe kan jy sonder trane jou ouers groet

My basies was trane en sweet
en die tweestreep korporaal 
het geweet hoe my te laat sweet.
Dit is lings, regs en omkeer
Hoeveel keer moet ek dit nog probeer.

Nou is my opleiding verby
en uiendelik is ek vry
terug na civvy straat
om vir my n girl te kry

Kyk ek is nou nie meer n laaitie 
nie, maar n ware man
om te veg, te wen en te beplan
ek gaan vir my n sexy girl vang.

Meteens nog n dokument van n
weermag sonder end.
ek moes oorlog toe gaan
so ver hiervandaan
om my man te staan

Makkers sterf om my heen
jy voel verlore en so alleen
met Die Heer se genade mag Hy 
my spaar
terug in die states wag n nooitjie daar.

Vandag is ek oud en my gedagtes dwaal
n troepie se woorde, God kom my haal
Ek droog die trane sonder keer
en salueer julle met respek en eer.

 

Pieta Viviers – Facebook 10 Des 2017