Loading ...

Bestandele

  • 1 x R1 geweer
  • 1 x 7.62mm patroon (meer indien nodig)
  • 1 x 7.62mm lee Ammunisie blik
  • 2 x Blikke Kerrievis uit sivvie kospakkie 
  • 4 x stukke vislyn van 10m elk met ‘n drieangelhoek vasgemaak (ingepak in SA)
  • 4 langerige reguit stokke (visstokke)
  • 1 x Owamboland gronddam
  • 1 x Duif
  • Babers
  • Rys in pootjiefakkel blik (rys ingepak in SA)
  • Kerriepoeier
  • Sout
  • Vuurmaakhout

Metode

Een troep met sy R1 en ammunisie skiet ‘n duif, sny die duif in stukkies en haak die vleis aan die vishoeke en gooi die aas in die dam.  Vang babers tot die aas op is.

Maak ‘n vuur in ‘n gat, wag totdat daar lekker kole is en plaas die ammunisieblik met ‘n bietjie water in, daaroor.

Maak ‘n ander kleiner vuur en maak rys gaar.

Terwyl die vuur uitbrand, maak die babers skoon, verwyder die kop en trek ook die vel af.  Sny die babers in stukke. Gooi die babers in die ammunisieblik en laat kook tot amper gaar.  Gooi kerriepoeier en sout na smaak by die babers en laat nog ‘n bietjie prut.  Net voor alles gaar is, gooi die gekoopte blikke kerrievis by die babers.

Verdeel die klomp kerrievis in twee dixies en vertel  dat die een dixie Kerrie babers bevat en die ander dixie die sivvie kerrievis.

Elke man skep en eet rys en vis na hartelus.  Maak later bekend dat dit alles gemenge baber en winkel vis was.

Die gesigsuitdrukkings op die wat geweier het om baber te eet “priceless” !