Loading ...

Biologiese Wapen

Hierdie is NIE MY STORIE NIE, maar is baie snaaks. Ene Billy het dit gepos op die Meneer webblad.


"Magtag waar loop my gedagtes nou. My maag gasse was op 'n stadium op die lys van moontlike biologiese wapens. Dit het my altyd groot genot verskaf om terwyl ons in 'n squad dril 'n tyre te brand. Een ding van n peleton wat dril is dat dit alles binne hou so asof dit mure en ‘n dak op het. Daai poep dril saam die peleton. Daar is dan 'n geweeklaagen murmereer oor watter etter so varksig is. Soms het die poep bietjie gestort en die korporaal dan ook daarvan in geasem het. Wel dan was die hel behoorlik los en die poep kon ontsnap.

In ‘n ander geval was ons op Ogongo 52 Bn. Ek was 'n Bn seiner en omdat ons skofte gewerk het kon jy dan laat slaap. Ons het so 16 x 32 tent gehad met die flappe altyd afgeslaan. Ons het groot aantrekkingskrag vir die kokke en klerke gehad so van hulle het ingetrek want dan kan hulle ook laat slaap. Hulle moes maar huur betaal met steaks en drinkgoed. Met my maag en al hierdie luukshede was dit net ‘n ongeluk wat tyd soek om te gebeur. My plekkie was reg in die een hoek van die tent. Een oggend terwyl ek so bietjie inlê toe gee my maag so paar draaie en ek voel hier kom hy. Ek lê so toe-oog van lekkerte soos daai wind uitgly en die barometer val. Sonder 'n geluid sluip daai poep deur die tent. Toe ek so op my sy draai kry ek so sample en kots amper. Maar toe is die hel los. Die kamerade skreeu obseenhede, kots en duik van hulle beddens af sommer deur die oop flappe. Hulle staan buite en hyg so asof hulle pas 'n op%$& gehad het. Hulle bekyk daai tent van ‘n afstand asof dit ‘n lykshuis is wat se yskaste nie werk nie.

Van toe af was ek maar genoop om eers te sample voor ek laat loop. As dit ruik of ek ‘n lyk geeet het moes ek walle toe met my poephol in die rigting van Angola. Dit was juis in die tyd toe van die oorgrens operasies nie so goed afgeloop het want die terrs het hulle basisse ontruim. Toe het hulle ons met die Hoppers toegerus want hulle het gedink die ters luister in op ons frekwensies en gee dan pad voor ons daar kom. Aaai… het hulle maar geweet!"