Loading ...

Tornado Park Uitreik Projek

Dit het begin met James van Wyk se kruideniers inkopie rit na Pick n Pay op die Wes-Rand. Daar loop hy toevallig die Bestuurder van die Tornado Park Tehuis raak. Hulle gesels so bietjie en James vra uit oor hoe dit by die tehuis gaan. Watter impak die Gendeltyd en Covid-19 op die seniors het.

Dit kom toe uit dat die mense, meestal met Sassa as enigste inkomste, maar taai trek en staatmaak op skenkings om te ooreef.

Voor LnR Mike Bopp, Jaap Lourens, Charles Steyn en Johan Broodryk

Agter LnR David Meyer, Daryl Baudry, Stephan Maasdorp en James van Wyk

 

James is betrokke by die SA Infanterievereniging se Wes-Rand tak en hulle het ‘n doelwit om ten minste eenmaal ‘n jaar ‘n welsyns uitreiking te reel. Hy gesels eers met Stephan Maasdorp en hulle besluit om die saak met die Tak lede te deel. Die uiteinde van die saak is dat die Tornado Tehuis projek goedgekeur is en hulle het ‘n oproep op die taklede gedoen om hierdie saak te steun. ‘n Paar dae later en na ruim lede skendings is James en Stephan reg om iets op die tafel te sit. Na oorleg met die Tehuis bestuurder is besluit om ‘n kos pakkie vir elke inwoner op te maak. Daar is n gemenge en geintegreerde inwoner samestelling maar die SAIV se beleid is dat almal gelyk is en geen onderskeid word gemaak nie. James het met die bestuurder by Pick n Pay onderhandel en voorraad vir die 56 pakke is aangekoop.