Inleiding:
Dit is belangrik vir die lesers om bewus te wees van die SAIV se norme en kriteria wat die SAIV toepas by elke welsyn projek. Dit word gelei deur die pilare waarop die SAIV rus en is:
- Glad nie polities van aard nie.
- Nie godsdienstig gerig nie.
- Nie ras gedrewe nie.
- Instansies word ook gekeur om te sorg dat die geteikende ontvangers wel die is wat baat vind by die projekte.
Projek Buddy Assist: - (NUR)
Die SAIV poog om so veel as moontlik van ons makkers te help wie in nood is. Indien ’n makker ons inkennis stel van sy nood, sal ons aksies loots om hom/hulle by te staan waar ons kan. Ongelukkig het ons ’n beperkte fondse en dit is ook net vir ’n kort tydperk. Van die takke het ook van hulle eie fondse bewillig om makkers te help.
Projek Registrasie by Departement van Militere Veterane. (DMV): (NUR)
Elke veteraan word dringend aangemoedig om by DMV te registreer. Hierdie registrasie is vrywillig, maar die veteraan kan indien hy daarvoor kwalifiseer, gehelp word met ’n pensioen, mediese bystand en verkryging van uitstaande medaljes. Die proses is baie langdradig en neem vreeslik lank om suksesvol deur te gaan. Dus ons vra geduld met hierdie proses aangesien ons nie dit hanteer nie, maar dit word deur staatsamptenare in DMV gedoen. SAIV voorsien slegs die lid se informasie in ’n vooropgestelde formaat aan DMV, en dan is dit ongelukkig uit die beheer van die SAIV.
Projek Wiele: (Wes-Randtak)
Die SAIV het twee rolstoel en ’n loopring (“Walker”) bekom en voorsien die gebruik daarvan aan enige veteraan, of familielid wie dit benodigde gratis en verniet.
Projek Suid Afrikaanse Infanterie Geskiedenis: NUR)
Willem Steenkamp het in samewerking met oorlede Generaal John Lizamore, die geskiedenis van die Infanterie in SA van 1652 tot hede geboekstaaf. Die SAIV het uitsluitlike reg verkry vir die verspreiding van die boek byname; “Assegais, Drums and Dragoons.” Die boek is beskikbaar teen R250 per eksemplaar en elke boek wat die SAIV verkoop, word persoonlik deur die skrywer geteken.
Projek Aartappels: (Wes-Randtak)
Gedurend die jaar 2023 het die SAIV skenkings bekom van 160 Ton aartappels wat deur boere in die Noord Wes Provinsie geskenk is. Die SAIV het die aartappels ontvang en versprei aan behoeftige mense in die groter Gauteng Provinsie. Ons het van Frankfort (Vrystaat) tot Hammanskraal (Limpopo), en Stilfontein tot Delmas die aartappels versprei. Na skatting het hierdie projek meer as 5000 behoeftige mense gehelp met kos op hul tafels. Die projek word bedryf in samewerking met menige ander organisasies wie help met befondsing en reël van die vervoer na Gauteng. Die SAIV beplan om weer volgende jaar die projek te loots en nog meer mense te help.
Projek Wurmboerdery: (Wes-Randtak)
Die Wesrandtak van die SAIV het by 5 plaaslike aftree-oorde 2 x elk baddens geplaas. Hierdie baddens word dan voorsien met erdwurms om kompos te produseer. Die wurmboerdery het groot aftrek gekry deurmat die inwoners voorsien die kos aan die wurms uit die organiese afval uit hul kombuis en hulle kry dan bemesting, voedingsvloeistof (Wurmtee) en goeie grond (Wurmkastings) vir hul groentetuine.
Projek “Raised Veggieboxes”: (Wes-Randtak)
Die lede van die SAIV Wesrand het uit pallethout bokse gebou wat 800 mm hoog staan om groente in te plant. Die bokse is gratis voorsien aan aftree-oorde sodat die bejaardes nie op hul knieë hoef te staan wanneer hulle groente verbou.
Projek Welsyn: (NUR)
Elke tak van die SAIV bedryf ’n GROOT poging om behoeftige mense te help met kos, klere, beddengoed, komberse, kombuisware, speelgoed, lekkers, Bybels en meubels.Al hierdie artikels word verkry deur skenkings van die publiek en word dan aan instansies, huisgesinne en tehuise gelewer.
Projek Ratpack: (NUR)
By elke vergadering, hinderlaag of byeenkoms van die SAIV, word daar gevra dat elke lid ’n item van nie-bederfbare kos saam bring en in die Ratpack kis te plaas. Hierdie kos word dan weer deurmiddel van die Projek Welsyn versprei waar daar behoefte is.
Projek Pakkies: (Centuriontak)
Huidiglik minderbevoorregtes en vernaam kinders. Ons het alreeds begin om speelgoed bymekaar te maak om kinder-harte te verbly gedurende Kersfees. (Asseblief, alle gebruikte of soms onwelkome geskenke, of wat u kinders/kleinkinders ontgroei het. Op die oomblik in Brakpan, maar weens die afstand en tyd wil ons graag nader aan Centurion wil beweeg.
Projek Skoene: (Wes-Randtak)
Skenkings van skoene, wat van herwinde materiaal gemaak word, word aan verskeie kinderhuise geskenk. Die fondse is afkomstig van borge wat tak lede bekom.
Projek CareBox: (Hoëveldtak)
Gedurende Maart 2024 het lede en weldoeners mildelik bygedra tot die voorraad benodig vir Projek CareBox se eerste uitreiking. Die 20 kaste negosieware bied vir 20 gesinne van 4 gesinslede elk, uitkoms vir een maand. Die projek is die breinkind van ondervoorsitter Abie Smit en die lede van die tak is uiters ingenome met die sukses en verloop van die projek, Dit sal beslis weer aangepak word.
Projek Botterskorsies: (Wes-Randtak)
Van tyd tot tyd word groente vanaf skenkers ontvan en botterskorsies word in seisoen gereeld ontvang en aan gekeurde instansies gegee vir voeding van minder bevoorregtes.
Projek Brille: (Wes-Randtak)
Soos wat gevalle onder die taklede se aandag kom word borge bekom om sodoende ‘n bril vir n minder bevoorregte persoon te bekom. Twee kinders in Villa Gloria gehelp om vir hulle ‘n nuwe bril te voorsien. Dit was in samenwerking met NeoVision, Cradle Stone Mall, MogaleCity.
Projek Goedere: (Wes-Randtak)
Dit gebeur van tyd tot tyd dat tak lede en ander lede van die publiek klerasie en meubelment aan die SAIV Wesrantak skenk wat die tak dan weer aan gekeurde persone en of organisasies skenk.
Projek Psalm 30: (Wes-Randtak)
Ons pak 30 x plastiese herbruikbare emmers met kos, seeppoeier ens vir uitdeel later. Hierdie sal weer herhaal word in die toekoms. Ons doen die poging in samewerking met MANNA, Noodelike Mossies en People of South Africa.
Projek Borrels: (Wes-Randtak)
SAIV het 6 x sakke 40 kg seeppoeier ontvang. Ons deel dit uit by die 3 x Kindertehuise in Krugersdorp.
Projek Bybels: (Wes-Randtak)
Ons het reeds 200 x Bybels uitgedeeld aan gemeenskap centrums (Grace House, Bethany House, Huis Nehemia)
Projek Hoor: (Wes-Randtak)
Ons (SAIV) het gehoorstukkies gratis voorsien aan ’n lid.
Projek Kersfees: (Wes-Randtak)
SAIV Wesrand onthaal 50 x kinders van Villa Gloria Oord met Kersfees. Kos, lekkers, springmielies, sjokelade word uitgedeel.
Algemeen:
Die SAIV takke loods ook hul eie unieke fondsinsamelings projekte. Hier volg ’n paar van dié projekte:
- Skaapbraai
- Rolbaldag
- Gholfdag
- Potjiekoskompetisie
Elkeen van hierdie projekte word ondersteun deur die SAIV lede en is absoluut vrywillig.